top of page

LIG EN LEWE

Lig.png

NUWE HART!

  • Danie Basson
  • Jul 7, 2016
  • 3 min read

Spr 4:23 Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.

Jer 17:9 Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?

Jer 17:10 Ek, die HERE, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge.

Ese 18:31 Werp al julle oortredinge waardeur julle oortree het, van julle af weg en maak vir julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees; want waarom wil julle sterwe, o huis van Israel?

Ese 36:26 En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee

Mar 6:52 Want hulle het by die wonder van die brode nie verstandig geword nie, omdat hulle hart verhard was.

Hos 10:12 Saai vir julle volgens die eis van geregtigheid, maai in ooreenstemming met die liefde; braak vir julle ‘n braakland, want dit is tyd om die HERE te soek, totdat Hy kom en geregtigheid oor julle laat reën.

Hos 10:12 Sow with a view to righteousness [that righteousness, like seed, may germinate]; Reap in accordance with mercy and lovingkindness. Break up your uncultivated ground, For it is time to seek and search diligently for the LORD [and to long for His blessing] Until He comes to rain righteousness and His gift of salvation on you.

Hos 10:12 Saai met die oog op geregtigheid [die wat altyd geregtigheid, soos saad, kan ontkiem]; Maai in ooreenstemming met genade en guns. Braak vir julle 'onbewerkte grond, want dit is tyd om te soek en doen noukeurig ondersoek na die HERE [en verlang na Sy seën] totdat Hy kom op die regte manier en Sy gawe van verlossing op jou reën.

Mark 4 Saaier langs die pad, vlak grond, dorings, goeie grond

Jeremiah 4:3-4 (Afrikaans OV)

3 Want so sê die HERE aan die manne van Juda en aan Jerusalem: Braak vir julle ‘n braakland en saai nie onder die dorings nie.

4 Besny julle vir die HERE en verwyder die onbesnedenheid van julle hart, manne van Juda en inwoners van Jerusalem, dat my grimmigheid nie soos ‘n vuur uitgaan en brand sonder dat iemand kan blus nie, weens die boosheid van julle handelinge.

Kol 2:11 in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus,

Romans 2:29 (Afrikaans OV)

29 maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.

Jer 4:3 Want so sê die HERE aan die manne van Juda en aan Jerusalem: Braak vir julle ‘n braakland en saai nie onder die dorings nie.

Abraham (Terwyl Hy met die Here besig is gebuig - Hart weg van die Here af)

Gen 17:17 Toe val Abraham op sy aangesig, en hy lag en sê in sy hart: Kan daar vir een wat honderd jaar oud is, ‘n kind gebore word? Of kan Sara, wat negentig jaar oud is, baar?

Gen 17:18 En Abraham sê aan God: Ag, mag Ismael lewe voor u aangesig!

Gen 17:19 Toe antwoord God: Voorwaar, jou vrou Sara sal vir jou ‘n seun baar, en jy moet hom Isak noem; en Ek sal my verbond met hom oprig as ‘n ewige verbond vir sy nageslag ná hom.

Dawid

Ps 51:10-14 Ly aan uitbranding – Verdorwe hart, kort ‘n nuwe hart, skoon hart

Jesus

Luk5:33-39

Harte moet Jesus gefokus wees! Nie op mense nie.


 
 
 

Comments


Onlangse krabbels
Argiewe

LIG EN LEWE CHRISTEN FAMILIESENTRUM

bottom of page